Ahava Ceramics

Ahava Ceramics - Pomegranate Bowl

R 215

Ahava Ceramics - Pomegranate Bowl

"Dit was regtig ñ bonatuurlike liefde wat Abba in my kom aktiveer het. Ek het 3 jaar terug begin pottebakery klasse neem, nog nooit voorheen het granate enigsins my aandag getrek nie.

Heilige Gees het net eendag op my hart gelê om n granaat bakkie te maak, en hy het so mooi uitgekom dat ek nog gemaak het...en dit was die begin van my reis en liefde vir hierdie simboliese vrug. Alles wat ek gemaak en geverf het, het granate op gehad. En meeste van my pottebakery het steeds, en sal ook altyd granate op hê...dit is definitief vir my ñ hemelse "connector" Dit was absoluut net Abba wat my Alles rondom die simboliek en profetiese betekenis rondom granate kom leer het.

Minwetend dat ek my eie granaat pottebakkery reeks gaan begin maak en versprei!! Hoe Sy liefde my granaat liefde aan gevuur het en "connect" met SY hartsmense. Lev la lev, heart to heart. The best is yet to come🔥

Soos elke saadjie vd granaat OMRING is deur hierdie rooi vleis, ons sal herinner dat ons is omring is deur die VRYSPRAAK vd BLOED v JESUS – ons staan binne in die vrymakende krag van die BLOED vd LAM en ons LEEF uit dit uit!

Ek is soos die granaatpit, OMRING deur die nuutmakende lewensveranderende krag in die bloed vd LAM, ek lewe vanuit my NUWE lewe. My NUWE LEWE, raak my tong, my taal – my skryf – my optree! Dit raak my emosies, my denke – dit verander my hart…" - Chrisna [Ahava Ceramics].

“My beloved is mine and I am his; He pastures his flock among the lilies.” - Song of Solomon 2:16 

ñ Keramiek produk, gemaak van steenware klei wat ñ sterk kwaliteit het.  Kan in die skottelgoedwasser gesit word. Kan nie in die oond gebruik word nie. 

 

You may also like

Recently viewed