Christian Art Distributors

Ann Spangler - Die Name Van God

R 89

Verryk jou verhouding met die Vader deur die betekenis van Sy Name te ontsluit.

52 studies oor die betekenis van God se Name en titels. Die Name van God is ’n unieke 52 week-Bybelstudie wat fokus op die Name van God en Jesus.

Deur die verskille in Name soos Adonai, El Shaddai, Abba, Jesus, Lam van God en Prins van Vrede te ondersoek, sal jy ’n God ontmoet wat volkome heilig, kragtig, genadig en liefdevol is.

Elke week se studie bevat:

- Agtergrond-inligting om jou te help om die spesifieke Naam te verstaan. 
- ’n Kerngedeelte uit die Bybel waarin die Naam die eerste keer of die betekenisvolste gebruik word.
- Besprekingsvrae vir individue of kleingroepe.
- ’n Lys Bybelgedeeltes vir verdere nadenke.

Die Name van God bevat addisionele vrae vir nadenke en verdere studie.

In hierdie Bybelstudie sal individue of kleingroepe die belangrikste van God se Name verken soos dit in die Bybel openbaar word.

Daar is ook ’n handige gids wat help met die uitspraak van die Name van God in antieke Hebreeus en Koine Grieks.

Sagteband in Afrikaans. 240 x 170 x 10mm met 248 bladsye.

Ook in Engels beskikbaar

You may also like

Recently viewed