
Christine Lazarus
Christine Lazarus - Akal Esh (Die Verterende Vuur)
Akal Esh is die Hebreeuse woord vir die Verterende Vuur (Heb 12:29)
In tye van onsekerhede is daar nog lewende hoop in oorvloed. Glo jy dit?
Stap saam met die digter en kom ontvang heling in liggaam, siel en gees. Vind jou identiteit in die volheid van Sy intimiteit wat jou innig lief het.
Hierdie digbundel is saamgestel in totale gehoorsaamheid aan Abba Vader.
"Sy Woord het vir my lewend geword en ek het Hom leer ken as die Here wat my vryspreek van alle ongeregtigheid en sy lewe vir my neergelê het sodat ek in oorvloed kan lewe. Sy teenwoordigheid is soos olie wat Hy oor my giet soos Hy homself in digformaat aan my openbaar. Slegs in opdrag van Hom, lê ek daarom my hart vir u bloot, want “gehoorsaamheid is beter as offerande”. - Christine
Die buiteblad is gedruk op ingevoerde ongeblykte linne – verteenwoordigend die kleed van Jesus. Linne is gemaak van die vlas plant (flax plant) wat se olie ook baie voedsaam is vir ons oë.
Die skrif is in brons - verteenwoordigend van die oordeel. Die skrif is ingebrand op die linne – wat verteenwoordigend is van die vuur, maar ook dat ons in Hom gegrondves is.
Die buitebladkuns – verteenwoordig die smeltkroes waardeur ons moet gaan vir heiligmaking.
Narratiewe Digbundel handel oor Christine Lazarus se lewensverhaal, getuienis en haar pad na heling, identiteit, itimiteit en dankbaarheid.
Bundel is beskikbaar in Afrikaans.