Milk & Honey Ministry

Olyfberg Dissipelskool DVD Reeks - Special Offer

R 55

Die Olyfberg Dissipelskool reeks bestaan uit 8 DVD's en word deur Fritz en Stefani Ernst van Milk and Honey Ministry aangebied. 

Die spesiale aanbieding sluit 'n 50% afslag op elke DVD in die reeks in. 

Temas van die reeks sluit in:

- Koningkryk Beginsels
- Die Bruid
- Heiligmaking
- Orde van Melgisedek - bestaan uit 2 DVD's. 
- Verhoudings
- Finansies
- Afsprake Met Abba [7 Feeste] - bestaan uit 3 DVD's.
- Epigenetika – Die skakel tussen genetika en jou omgewing.

Die DVD leringe word in Afrikaans aangebied. 

KONINGKRYK BEGINSELS:

DVD 1 van die reeks. Die herstel van die Koningkryk was die tema waaroor Yahusha die meeste gepreek het. Kan jy ‘n gelowige wees en buite die Koningkryk leef? Verstaan jy hoe om aller eers die Koningkryk te soek? Hierdie DVD lê ‘n goeie fondasie vir enige gelowige wat die konsep van die Koningkryk asook die oorspronklike skeppingsdoel van die mens beter wil verstaan.

DIE BRUID

Die DVD is nr 2 van die reeks. Ons almal weet dat daar ‘n Bruid bestem is vir die Lam van God. Bestaan die bruid uit die hele liggaam van Yahusha? Net soos Eva uit Adam se liggaam gekom het, so kom die bruid uit die liggaam van Yahusha. ‘n Laaste Eva vir die laaste Adam. Hierdie DVD kyk in diepte na wie die bruid is en hoe sy moet lyk.

HEILIGMAKING

Derde DVD in die reeks. Die Skrif sê dat niemand die Meester sal sien sonder heiligmaking en vrede nie. Heiligmaking is ‘n reis en ‘n pad wat elke gelowige self met die Verlosser moet stap, maar tog laat soveel gelowiges dit agter. Wat beteken dit presies vir ons vandag en waar begin jy? Hierdie DVD leer waarvan gelowiges geheilig moet word en wat die proses behels.

ORDE VAN MELGISEDEK

Die vierde DVD in die reeks. Ons hoor deesdae baie van die Orde van Melgisedek. In die eerste deel van die DVD word daar kortliks gekyk na wie was Melgisedek en na Yahusha as die Hoë Priester van die orde. Daarna word bespreek wat dit vandag nog vir ons beteken en hoe ons moet wandel as priesters en konings in Sy orde. Die DVD is ‘n kosbare sleutel na die Boom van die Lewe. Die DVD bestaan uit 2 DVD's

VERHOUDINGS

Die vyfde DVD in die reeks. 'n Goeie verhouding kan jou in staat stel om enige situasie te oorkom, maar net so kan ‘n slegte verhouding mense vasboei met pyn en seer wat ‘n leeftyd by hulle kan bly. Verhoudings is kragtig, so dit is geen wonder dat die vyand daarop uit is om ons verhoudings te vernietig nie. Die DVD verduidelik die dinamika van verhoudings.

FINANSIES

Die sesde DVD in die reeks. Baie gelowiges soek raad rakend hul finansies. Dit is ‘n area waar die vyand baie kom steel en waar gelowiges min kennis dra van hoe om hul finansies Skriftuurlik te bestuur. Die Skrif het meer as 2000 verse wat handel oor rykdom, finansies en rentmeesterskap. Dus is dit inderdaad ‘n belangrike tema. Hierdie DVD gee ‘n goeie oorsig van finansies volgens die Woord.

AFSPRAKE MET ABBA

Die sewende DVD in die reeks. Die Woord lees ons dat Abba 7 feeste of jaarlikse afsprake met Sy kinders het. Is dit vandag nog op ons van toepassing? Die eerste DVD bevat die geestelike doel en fokus van die Feeste asook agtergrond oor die eerste Fees van Pasga.  Die tweede en derde DVD word die res van die Feeste en Shabbat bespreek en hoe ons hierdie afsprake vandag kan nakom.

EPIGENETIKA

Agste DVD in die reeks. Wetenskap is besig om op te vang met die Woord van God. Epigenetika is ‘n wetenskaplike term wat beskryf word deur wetenskaplikes as “die sondes van die voorvaders”. Dit is die skakel tussen jou gene en jou omgewing. Hierdie DVD wys hoe ons sekere gedagtepatrone [bv vrees], kan oordra in ons genetika.

You may also like

Recently viewed