HCM Publishers

SHOFAR : Die Asem van YHVH - Lynette Basson

R 450

 SHOFAR : Die Asem van YHVH - Lynette Basson 

Die tyd het aangebreek vir die shofars om te blaas en menige diensknegte van die Here word opegroep tot hierdie baie spesiale dienswerk. Ons kan hierdie spesiale roeping nie verwaarloos nie en dit is nodig om toegerus te wees vir hierdie taak. Om ons toe te rus vir hierdie taak word die volgende punte en nog meer, behandel in hierdie boek: 

  • Wat is 'n shofar
  • Hoe blaas ons die shofar 
  • Waarom blaas ons die shofar 
  • Wat gebeur wanneer ons die shofar blaas 
  • Waarvan word 'n shofar gemaak 
  • Hoe word 'n shofar gemaak 
  • Die klanke van die shofar 
  • Die shofar profeties 

Meer en meer kinders van die Here begin die Shofar blaas, oor alle donominasie grense heen. Letterlik word die weermag van die Here, die bruid van Jesus Christus, toegerus met wapens. Hierdie opsigself is 'n wonderwerk aangesien die vyand sy bes gedoen het om hierdie beweging te stuit. Baie mense is bang om die shofar te blaas as gevolg van verskeie redes, maar wanneerdie arm van die Here beweeg, dan besef ons dat dit Sy wil is en dat niks die blaas van die basuine sal keer nie. 

 

JOëL 2:1

BLAAS DIE BASUIN OP SION, EN BLAAS ALARM OP MY HEILIGE BERG! LAAT AL DIE INWONERS VAN DIE LAND BEWE, WANT DIE DAG VAN DIE HERE KOM, WANT HY IS NABY..

Die waarde van hierdie boek vir elke leser: 

Die Heilige Gees is besig om 'n kragtige weermag op te rig. 'n Weermag vir 'n tyd soos hierdie. Om die shofar te blaas kom saam met 'n groot verantwoordelikheid en vereis volwassenheid, wysheid en insig. Die shofar is nie 'n speelding of iets waarmee ons grootpraat nie. Die shofar is 'n kragtige wapen wanneer ons dit met goeie oordeel en in die vrees van die Here aanwend, maar is net so gevaarlik, tot die dood toe,indien ons in onkunde en onoordeelkundig daarmee te werk gaan. 

You may also like

Recently viewed