Stefani Serfontein

Stefani Serfontein - Oase

R 220

In die Negev-woestyn in die suide van Israel word Sarah deur 'n Arabier aangeval sonder dat sy die vaagste benul het waaroor dit gaan. Toe sy haar bewussyn herwin, is daar weer 'n donker man aan haar sy, maar Ariel is 'n Israeli, 'n mediese dokter. In die weke wat hy oor haar gesondheid waak, onstaan daar 'n intense verbintenis tussen hulle wat gou liefde word en hierdie liefde word gevoed deur hulle gemeenskaplike geloof in God. 

Rondom hulle is die wêreld egter allermins 'n oord van vrede en liefde. Soos die magstryd om beheer in die buiteland en in Suid-Afrika ontvou, word dit vir Ariel en Sarah duidelik dat daar 'n lewesgevaarlike stryd voorlê voor hulle bymekaar sal kan wees - as dit moontlik is. 

In Kairo smee die Drie Broeders bose planne; hulle plig as vryheidsvegters in diens van Islam. Vir die buitewêreld is hierdie fanatici egter terroriste. En in Suid-Afrika is Sarah en Ariel bloot in die pad van die Broeders se groter plan wat korrupsie en afskuwelike geweld insluit. Of hierdie twee mense ooit sal tuis kom in hulle oase van liefde, weet hulle nie. Maar die wonderlike woorde uit Hooglied is vir altyd hulle s'n: Anee l'dode, v'dode li. Ek is my beminde s'n en hy is myne. 

You may also like

Recently viewed