Perez Ministries

Fransi van Wyk - Breek Die Vloek En Leef Die Seen

R 350

Hoekom rus vloeke selfs op die kinders van God?

"Waarom word Christene nog steeds siek?  Party sukkel met finansiële probleme en aner sterf heeltemal te jonk.  Waar is God in hierdie situasies?  Hoekom keer Hy nie al die swaarkry en ellende nie?

FRANSI VAN WYK het meer as 20 jaar se ervaring in bediening om mense deur hierdie tipe probleme te help.  In hierdie boek wys sy jou:

  • Waar vloeke vandaan kom.
  • Hoe om van oorgeërfde sonde los te kom.
  • Hoe om vloeke te breek in die Hemelse Hofsaal.
  • Stap-vir-stap riglyne om ‘n generasielyn gebedsessie suksesvol en veilig aan te pak.
  • Model-gebede om die mees algemene generasie vloeke te breek.
  • Hoe om vry te kom van die vloek van Vrymesselary.
  • Hoe om die krag van "witchcraft" te herken en te breek.

Mense onder haar bediening is van ernstige siektes genees, egskeidings is voorkom, bankrotskappe is afgeweer en ander is van verslawings bevry.  Vrouens kon uiteindelik kinders kry na herhaalde miskrame en selfs vir die eerste keer swanger raak.

Jy hoef nie met generasie vloeke saam te leef nie. Jesus het ‘n geweldige prys betaal om jou vry te maak.  Jy kan ook die volheid van God se seën beleef." - Fransi van Wyk

Sy oorwinning kan joune word.

Sagteband. Beskikbaar in Afrikaans & Engels. 

 

You may also like

Recently viewed