Perez Ministries

Fransi Van Wyk - Goddelike Verhoudings

R 350

Wat veroorsaak die meeste probleme in die huwelik?

Is dit geld?  Die skoonfamilie?  Miskien ‘n gebrek aan kommunikasie?

"Na meer as dertig jaar se ervaring as huweliksberader – waar ek letterlik duisende mense en menigte huwelikspaartjies gehelp het – glo ek vas dat 80% van alle huweliksprobleme te danke is aan… seks.

Daar is soveel wanpersepies oor seks in die huwelik – soveel skande daaroor en soveel leuens.  Baie paartjies glo vas dat hulle seksueel mislukkings is omdat hulle nie aan die wêreldse beeld van seks kan opleef nie.

Iemand moet hulle leer dat elke paartjie op hulle eie seksuele ondekkingstog moet gaan.  Elke paartjie het ‘n seksuele ritme wat reg is in hulle huwelik en uniek is aan hulself.  Hulle moet ook geleer word dat jou sekslewe deur jou verhouding met God, met jouself, met jou medemens en jou ouers beïnvloed word.

Dit is die oogpunt van hierdie boek.  Dit gaan nie net oor hoe om ‘n goeie emosionele verhouding met jou maat te hê nie.  Dit verduidelik die seksuele binne die konteks van die Woord.  Dit wys jou vanuit ‘n Bybelse oogpunt hoe om ‘n vervullende sekslewe te hê. 

En dit gee praktiese raad oor wat die Here my oor dekades in my eie huwelik en ander mense se huwelike geleer het.

Elke getroude paartjie sal baat vind by hierdie boek.  Dit sal veral verloofde paartjies help om hulle huwelik op die regte voet te being – en só onnodige hartseer te vermy." - Fransi van Wyk

Sagteband. Beskikbaar in Afrikaans en Engels. 

You may also like

Recently viewed