Verkwik Digkuns

Nadine Claassen - Loot Digbundel

R 335

"Die gawe van digkuns is in my geplant.
 
Ek gebruik dit om hoop in ander se harte te saai.
 
Loot is my debuut digbundel en die eerste blaartjie wat gegroei het uit die woorde van my hart. Die bundel is gewortel in hoop, lig en liefde en daaruit spruit my woorde vars en nuut, net soos die genade waardeur hulle geskenk is.
 
Terugvoering wat ek al oor die bundel ontvang het:
“Jou woorde laat mens voel soos ‘n arend in vrye vlug.”
“Jou talent seën ons en sit ‘n glimlag in ons hart.”
 
Die bundel is verdeel in 12 afdelings wat elkeen deur ‘n skets ingelei word. Die natuur en voël-lewe in die sketse reflekteer die bron van inspirasie vir beide myself en die Ilustreerder.
Die illustrasies is deur Vanessa Liebenberg gedoen. Sy is ‘n skoolvriendin en woon tans in Australië.
 
Deurgaande temas in die bundel is familie, die see, natuur, ontferming en hoop.
My skryfwerk resoneer met die ritme van die siel, want die vorm daarvan is ontwerp deur die Vader se ritme en liefde vir ons.
 
My hart is ‘n hallelujah en my siel ‘n stille stem. Die woorde is ‘n gawe, uit Hom, die goue pen.
 
Waar die hart van vol is loop die mond van oor, ek deel graag met julle my nuwe Loot!" - Nadine (wat beteken hoop.)

Boek is beskikbaar in Afrikaans. 

You may also like

Recently viewed