House Of Ariel Gate

Natasha Grbich - Bevryding Deur Vergifnis: Suiwer Jou Generasie Bloedlyne

R 395

Jesus Christus het ons duur met Sy Bloed gekoop en ons behoort nie aan onsself nie. Hy het die prys op Golgota betaal sodat ons die volheid van ons Goddelike lotsbestemming kan ingaan. Dit bly egter ons verantwoordelikheid om onself volkome aan God uit te lewer.

Ons MOET DIE KEUSE maak om diep, opregte berou uit te spreek om bevry te word van al die ooreenkomste / kontrakte en verbonde wat ons gesluit het, deur persoonlike sonde of as erfporsie van ons voorsate deur dit nietig te verklaar in Jesus Naam.

Die proses van suiwering van ons generasie bloedlyne is ‘n lang en tydsame, doelgerigte proses, wat deursettingsvermoe sal verg. Dit is reeds by die Kruis afgehandel, maar ons moet aan ons redding werk met vrees en bewing.

Natasha het meer as 30 jaar ondervinding van bloedlynbevrydingsgebede en kan hierdie riglyne aan ons gee. Dit is nie net ‘n boek om te lees nie, maar ‘n handleiding om deur te werk en deur te bid saam met die Heilige Gees.

Indien jy na ‘n nuwe vlak met God wil gaan, sal hierdie boek van onskatbare waarde vir jou wees.

 

You may also like

Recently viewed