Mia House of Publishing

Skuilnaam: Ava - Beroerte van die Siel

R 500

Skuilnaam: Ava - Beroerte van die Siel

Hierdie is 'n ware verhaal wat oor baie jare afspeel. 'n Verhaal gevul met bitter baie pyn en
seer. 'n Konstante geveg teen 'n baie seer brein.
Die skrywer deel die volgende met die leser: "Gaan ek wakker word uit hierdie droom?" Ek
was baie bang! Wie is hierdie ou en waar is my man? Alles wat bekend was, het in 'n oomblik
verdwyn. Hierdie is 'n storie gevul met trauma, pyn en teleurstelling. Jy gaan nie net lees van
ons vleeslike ervarings nie, maar ook van ons geestelike ervarings. Ek glo as 'n mens slegs
heeltemal gesond geword het, sal mens die volle waarheid vierkantig in die oë kan kyk. Die
samelewing is alreeds so kunsmatig en afgestomp, mens kan met niks anders wegkom,
behalwe met die volle rou waarheid. Maande se hospitale, jare se rehabilitasie en nagte op
my knieë het gevolg. Epilepsie konvulsies, pil verslawing, verbale teistering, egbreek op
egbreek en op die oud einde 'n egskeiding het gevolg. Die hartseerste was dat dit alles
gebeur het met 'n klein dogtertjie wat vasgevang was in die middel van dit alles. Die lewe is
nie perfek nie, al wil ons dit soms glo, maar die goeie nuus is egter dat ons 'n Perfekte Vader
het. Ons almal wil so graag die idilliese sprokiesverhaal belewe met 'n "happy ever after"
einde, maar in die werklikheid van die lewe is alles nie perfek nie. Ongelukkig ruk die lewe
soms die mat onder jou uit, en soms lyk jou lewe soos alles behalwe die perfekte feëverhaal.
Wanneer jy egter vir God toelaat om jou storie te skryf, neem Hy al die skerwe en herstel jou
‘kleipot,’ met sy krake en al. Hy doen dit met een doel voor oë; om Sy lig te laat skyn. Stap
gerus saam met my tot op die plek waar Vader my vandag gebring het en kom beleef God
se werke in my lewe.
MY STORIE VIR SY GLORIE! Ava

You may also like

Recently viewed