Wilco Naumann

Wilco Naumann - God & Geld

R 379

Die doel van die boek is om soveel as moontlik volgelinge van Christus te help om gesonde finansiële lewens te lei, asook om vry van skuld en vry van finansiële druk te leef.

In Johannes 17:16 staan daar dat ons as Christene in hierdie wêreld leef, maar ons is nie van die wêreld nie. Terwyl ons in hierdie sisteem leef het ons ‘n ander alternatief ten opsigte van hoe ons met geld kan werk.

Jy sal lees hoe om oorwinning oor Mammon en sy juk te behaal, asook hoe om uit die rat race te ontsnap.

Talle mense is onbewus van die geestelike geldelike beginsels en implikasies.

Die boek lê die Bybelse fondasie van geld neer en deel n alternatiewe filosofie tov geld wat insluit; armoede, denke, rentmeesterskap, identiteit, integriteit, boekhouding en belasting – alles wat jy nodig het ten einde jou finansies gesond te kry, en in lyn te bring met God se Woord.

Hierdie boek bied ‘n Bybelse oplossing vir finansies met stap vir stap riglyne.

God het dit op Wilco se hart gelê om mense finansieel te help.

"Daar is geen twyfel dat indien iemand die beginsels in hierdie boek toepas, hulle finansiële lewens heeltemal en blywend sal omkeer, vir beter." - Wilco Naumann

Die boek is tans in Afrikaans beskikbaar. 

You may also like

Recently viewed