Qodesh Books

Woord en Getuienis Bybel

R 495

Die Woord en Getuienis Bybel is gebaseer op die 1933 vertaling en bevat die Hebreeuse Name naamlik: YaHWeH en Y'shua.

Dit het nie enige buite bybelse boeke in nie en het net die 66 boeke soos die 1933 vertaling. Plek name is ook verander soos byvoorbeeld Egipte = Mietsrayiem

Hierdie Bybel is ’n poging om ’n Afrikaanse Vertaling van die Skrif daar te stel wat so ver as moontlik voldoen aan die vereiste wat in Devariem (Deuteronomium) 4:2; 12:32; Mieshleh (Spreuke) 30:6 en Openbaring 22:18-19 neergelê word.

Hierdie vereiste bepaal dat daar niks by die woorde en opdragte van die Almagtige bygevoeg of daarvan weggelaat mag word nie. Alhoewel meeste erkende vertalings van die Skrif groot erns met hierdie vereiste maak, is daar na ons wete niks in Afrikaans beskikbaar wat volledig – ook wat betref die gebruik van eiename en veral die Name van die Vader en die Seun – aan hierdie vereiste uitdrukking gee nie.

Dit is die vertalers se bede dat die Woord en Getuienis, hierdie leemte sal vul.

Hierdie vertaling is in die eerste plek gebaseer op die mees oorspronklike (Hebreeuse, Aramese en Griekse) grondtekste beskikbaar, maar daar is tot ’n baie groot mate gesteun op bestaande vertalings soos die Afrikaanse Vertaling van 1933, die “King James” Vertaling van 1769 en die vertaling van “The Scriptures” van 1998.

Neem asseblief kennis dat hierdie nie 'n Afrikaanse vertaling van The Scriptures 1998 of The Scriptures 2009 (ISR) is nie.

Sagteband. 980 bladsye.

Die Bybel is in Afrikaans beskikbaar.

You may also like

Recently viewed