Lighuis Bediening

Yolandie Mostert - Baruch Seën Jou Kind

R 180

Daar is soveel krag in die Skrif en wanneer ons dit oor onsself en ons kinders bid en proklameer, roep ons dit in vervulling. Oor ‘n verloop van veertig dae, kan tematiese seëninge oor ‘n baba, peuter, kleuter of jong kind gebid word.

Elke dag deel met ‘n verskillende aspek van ons menswees. Sommige van die temas is: hande, voete, gedagtes, wysheid, vrede, gehoorsaamheid en guns.

Die Skrifte is in ‘n gebedsvorm geskryf sodat ‘n ouer dit maklik kan voorlees.

Die seëninge kan nie verouder of verval nie en jou kind se gees sal nooit moeg word hiervan nie.

‘n Uittreksel as voorbeeld:

My liefste kind, ____________ (naam van jou kind), ek seën vandag elke woord wat by jou mondjie gaan uitkom. Vader, ek bid dat U altyd ‘n oppasser voor ____________ se mond sal stel. Bewaar asseblief die deur na sy/haar lippe. Ek seën jou met woorde van wysheid, woorde wat lewe vir ander bring en woorde wat God se lig versprei.

Mag jou woorde vir ander so soet wees soos heuning. Ek seën jou met ‘n voorraad opbouende woorde onder jou tong – soos heuning en melk wat net wag om uitgedeel te word. Ek seën jou met die regte woord op die regte tyd. Ek verklaar vandag dat jou mond ‘n instrument sal wees vir die Heilige Gees, suiwer en gereed. Jou mond sal seën en nie vervloek nie – dit sal wees soos ‘n skoon fontein wat vars water laat opborrel.

Beskikbaar in Afrikaans en Engels. 

You may also like

Recently viewed