Lighuis Bediening

Yolandie Mostert - Hooglied: Die opwindende reis van bruidwees

R 250

Meeste gelowiges vind Hooglied vreemd en onverstaanbaar. Dit hoef nie so te wees nie. Hooglied is nie net 'n romantiese storie nie.

Hooglied is prakties en relevant vir vandag.

Hooglied begin met 'n jongmeisie se uitroep na meer, na dieper en na nader. Hierdie meisie verteenwoordig elkeen van ons wat 'n begeerte het om nie net van God te weet nie, maar Hom te ken. 

Hierdie uitroep bring ons op die pad na geestelike volwassenheid. Dis 'n pad vol toetse, uitdagings en oorwinnings, deur valleie en bo-oor bergtoppe. Saam met die jongmeisie in Hooglied, word ons gelei op 'n opwindende reis van geestelike grootword na 'n plek van oorvloedige vrug, vrede en vervulling.

Sommige mylpale op hierdie reis:

- Die toets van gehoorsaamheid.
- Geestelike oorlogvoering.
- 'n Vrugbare tuin.
- Ons eie Getsemane.
- Groter salwing.

Bykomende inligting:

- Die antieke Hebreeuse bruilof en Bybelse simboliek.
- Die storie van Hosea en sy afvallige bruid.
- Rebekka, Rut en Ester - tipes van die bruid.
- Die Vaderhart van God; eerste kindwees, daarna bruidwees.

Die boek is in Afrikaans beskikbaar. 

You may also like

Recently viewed