
Lighuis Bediening
Yolandie Mostert - Diep Skatte in Hooglied Afdeling 1
Yolandie Mostert - Diep Skatte in Hooglied Afdeling 1
Diep skatte in Hooglied is ‘n vers vir vers in diepte studie van die eerste afdeling in Hooglied. Afdeling een strek tot by Hooglied 2:7 wanneer die gordyn op die eerste toneel sak.
Die boek bestaan uit meer as 450 bladsye se skatte en waarhede. Dis ‘n boek vir die dapperes wat bereid is om ook diep binne toe te kyk en godsdiens te veruil vir die mooi eenvoud van ‘n lewende verhouding met ons Bruidegom Koning.
Sedert die eerste druk van my boek: 'Hooglied – die opwindende reis van bruidwees” in 2019, het baie water in die see geloop. Soveel nuwe lesse is geleer, verskillende seisoene is deurleef en dieper skatte is ontdek. Daar was soveel kere wat ek gewens het ek kon hiérdie stukkie openbaring of dáárdie stukkie waarheid in die boek ingesluit het. Tog weet ek dat die eerste boek die regte afgemete hoeveelheid was vir baie wat die eerste keer met Hooglied te doen gekry het. Tydens die oorgang
van die geestelike seisoen in 2022, kon ek die verskuiwing in die gees duidelik bemerk. Ook binne in my eie gees het daar 'n verandering plaasgevind. Dis asof daar 'n verseëlde fontein oopgemaak is in my diepste wese en dieper insig het begin opborrel. Skrifte, gepaard met insig het soos klein borreltjies op die oppervlak gebreek en dit het amper gevoel asof ek hulle nie vinnig genoeg kon vasvat nie. Na die Fees van Basuingeklank, het die Heilige Gees dit wat ek ervaar het, bevestig, en
ek het besef dat die tyd aangebreek het om die dieper skatte neer te pen.