NB Publishers

Barend Vos - Kanaän

R 250

Barend Vos - Kanaän

Deur die skrywer van Rut en Boas

Kanaän ​is die verhaal van twaalf families wat na 'n woestyntrek op die drumpel van hulle bestemming huiwer. Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie? So word hul storie meer as die van trek deur die woestyn en groter as die van 'n stad wat sidder: Elkeen reis ook deur hulself en deur ander na die kennis wat verwerf moet word om ten volle mens te word. 

Die geliefde skrywer Barend Vos neem sy leser mee op hierdie karakters se persoonlike reis: die priester Itamar met sy soeke na waar hy inpas; die vrou Ragab wat in Jerigo se muur gewoon het; en Josua, Moses se opvolger, wat die volk die Beloofde Land moes inlei. Deur hulle kom ook ander Hebreërs en Jerigo-bewoners tot lewe. 

In hierdie roman maak Vos van die karakters mense wat genade vind of hul ondergang tegemoetgaan. 

Kanaän is die meesleurend verhaal van die universele verlange na 'n ander lewe, die skynbaar nimmereindigende hoop op 'n beloofde land. 

 

You may also like

Recently viewed